2019 Biltong & Hunting Prices
Spesies | Biltong | |
Springbok | Gewoon | R1500 |
Blesbok | Gewoon Wit |
R2000 R2500 |
Rooibok | Jong ramme Volwasse ramme |
R1500 R2000 |
Rooihartbees | Bulle | R5000 |
Nyala | Bulle | R8000 - R12000 |
Waterbok | R8000 | |
Blouwildebees | Koei Bul |
R4000 R4500 |
Eland | Bul | R10000 - R15000 |
Koedoe | Bul | R8000 - R12000 |
Zebra | R5000 | |
Zebra | Hartmann | R12000 |
Kameelperd - Giraffe | R12000 - R15000 |
![]() |
Jag voertuig R800/dag Verblyf: R450 p/p/nag Koffie en tee in oggende Slagters en koelkamer Sout PH en gidse Hout by lapa word voor sien Toe draai van karkasse (wrap) met vervoer |
INYALA GAME LODGE HUNTING PACKAGES
PLEASE CONTACT US FOR BOOKINGS
Video
Geweer jag:
- Alle vuurwapens moet ontlaai wees op die voertuie en by die kamp.
- Wild word te voertuig of voet gejag.
- Geen jag nader as 500m vanaf drinkplekke, watergate, kampe, wonings nie.
- Geen jag naby grensdrade nie. Jagters sal verantwoordelik gehou word vir wild wat deurbreek na aangrensende plase.
- U mag slegs van sonop tot sononder jag. Geen nag jag nie.
- U moet uself vergewis van die geslag, grootte, gekwes al dan nie asook die soort van die wild wat u wil skiet en u nie op die gids alleen verlaat nie.
Geen korting word toegestaan vir klein of foutiewe diere nie. U trek self die sneller, nie die gids nie.
- Geen vroulike diere mag geskiet word nie!
- Geen drank mag aan ons personeel gegee word nie.
- Geen geld of tips mag direk aan personeel gegee word nie. Tips/gelde vir gidse en personeellede moet aand die eienaar gegee word wat die gelde aan die personeel sal oordra.
- Die verblyf is betaalbaar vir die volle bespreekte tydperk en vir die aantal persone vir wie u bespreek het. (min van 2 nagte)
- Kalibers kleiner as .243 of 6mm is nie toelaatbaar nie.
- Bokke wat gekwes word is volprys.
- Geen jag op sondae nie!
- Geen rommelstrooiing in veld nie.
- Indien jagters nie opdaag nie word deposito verbeur. Kansellasies moet 8 weke voor jag gedoen word anders word deposito verbeur.
- Skade aan kamp sal vir jagter se rekening wees.
- Geen persoon onder die invloed van drank sal 'n geweer hanteer of die geleentheid kry om 'n bok te skiet nie.
- Die volle rekening moet betaal word voor vertrek. Slegs kontant, internet betalings sal aanvar word
- Vuurmaakhout is beskikbaar teen R40 per bondel.
- Alle jagters moet ‘n minimum van 2 nagte oorslaap.
Boog jag:
- Slegs kruisboog of boog jag.
- Jag voertuie en twee rigting radio’s word voorsien. Die jagter word afgelaai by die skuiling naby goeie wild aktiwiteite.
- Geen persoon mag uit die hide terwyl daar diere by die watergat is nie.
- Geen privaat jagvoertuie toegelaat.
- Geen jag vanaf voertuie
- Geen rommelstrooing in die veld.
- Geen vroulike diere mag gejag word nie.
- U moet uself vergewis van die geslag, grootte asook die spesie wat u wil skiet. Geen korting word toegestaan vir klein of foutiewe diere nie.
- Bokke wat gekwes of doodgeskiet is, is volprys.
- Geen jag op sondae.
- Inyala game lodge sal geen aanspreeklikheid vir enige siekte, ongelukke, of beserings of enige koste wat daaruit mag voortspruit, aanvaar nie.
- Nb: indien daar ‘n bok geskiet word mag die jagter glad nie uit die hide uit nie – u moet wag vir die ph om u te kom haal en na die bok toe te vat.